Nature Books - South Africa
+27(12) 329-3896
NOW AVAILABLE!! New revised edition published
by Briza Publications.
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Remarkable Trees of South Africa. (Revised edition) Find Out More
APRIL SPECIAL!! Find Out More
NOW AVAILABLE!! Bring nature back to the city Find Out More
NOW AVAILABLE!! Vratjievrugbliksembos en ander Magaliesbergbome deur Naas Grové (Slegs beskikbaar in Afrikaans)
Find Out More
NOW AVAILABLE!!
Guide to the properties and uses of SOUTHERN AFRICAN WOOD ...more
Gids tot die eienskappe en gebruike van SUIDER-AFRIKAANSE HOUT ...more
NOW AVAILABLE!!
THE NEW GAME RANCHER Compiling editors: Pamela and Peter Oberem Find Out More
Now
Available!!

MAMMAL GUIDE
of Southern Africa
Also in Afrikaans & German

Wian van Biljon, 'n baie entoesiastiese jong voëlkyker, het onlangs by Herman van Niekerk in Nylstroom besoek afgelê om sy SAPPI voëlboek te laat teken. Wian is 17 jaar oud van Roodepoort, Johannesburg, en het 'n hartdefek.

 

Wian het van kleintyd af ‘n besondere belandstelling in voëls getoon. Die belangstelling is aangewakker deur gereelde besoeke aan die Krugerwildtuin en ander natuurreservate.  

 

Sy passie vir voëls het hom ‘n ongekende begeerte laat ontwikkel om sy kennis aangaande voëls te verbreed. Hy besit reeds 'n baie groot versameling voëlboeke wat hy verslind en spandeer ure deur programme op Nat Geo Wild, Animal Planet en BBC Earth te kyk. Wian bevestig egter dat niks hom seveel kennis en vreugde besorg as sy SAPPI voëlboek nie. 

 

Wian het 'n besondere talent om voëlgeluide te identifiseer. Hy is reeds lank bewus van ‘n spesfieke voël in die omgewing bloot deur die geluid te identifiseer, voordat hy daarna die voël opspoor. Juis met die aanleer van nuwe voëlklanke is daar volgens hom niks wat by die SAPPI voëlgids kom nie.

 

Wian kan reeds meer as 260 voëlspesies positief identifiseer aan hulle voorkoms en klank en is besig met in diepte studies oor hulle gewoontes en voorkeurhabitat. Dit is 'n hartsbegeerte by Wian om 'n parabool klankopnemer te kry waardeur hy voël- en diereklanke kan opneem. Trouens, hy is bereid om naweke in dieretuine of in die veld opnames te maak, veral van die aantal voël- en soogdiere waar daar nog nie klanke van bestaan nie. So kan hy 'n groot bydrae tot wetenskaplike kennis maak.

 

Een van Wian se grootste ideale is om eendag in die natuurwetenskappe en veral voëlkunde te kwalifiseer en te werk.

 

Weldoeners wat daarin belang stel om 'n parabool klankopnemer aan Wian te skenk, is welkom om met hom te korrespondeer by gerda.rudd@gmail.com.

 

Nota: Briza se gewilde Soogdiergids van Suid-Afrika, wat in Afrikaans, Engels en Duits beskikbaar is, is nou herdruk sodat soogdierklanke uit die boek deur dieselfde klankleser as vir die voëlboek opgetower kan word. Die klanke kan, na aankoop van die boek, van Briza se webbladsy afgelaai word. 

admin | terms | © Briza Publications - All rights reserved