 Publisher: Briza Publications
Order from any bookshop country wide or visit our
Online Bookshop
Alternatively please contact us directly at
books@briza.co.za
|
Skubaduik in aksie
Review By: Wegbreek - Mei 2008
Skubaduik in aksie is ‘n handleiding met ‘n DVD van 30 minute en kleurfoto’s vir beginners of gesoute duikers wat hul duikvaardigheid wil verfyn en opknap.
Hierdie ten volle geintegreerde boek en DVD sal jou inspirer om dadelik te begin duik. Dit vertel jou alles wat jy moet wee tom veilig en met selfvertroue te kan begin duik. Kruisverwysings na die DVD is ingesluit op bladsye wat gerugsteun word deur beeldmateriaal.
Kleurfoto’s lig elke stap in die fynste besonderhede uit. Duikveiligheid en fiksheid asook die werking, hantering en gebruik van alle toerusting kry aandag.
Beginners, ervare duikers asook duikoperateurs sal die boek as ‘n nuttige hulpmiddel kan gebruik. Agterin die boek is ‘n volledige inligtingsblad oor duikorganisasies, bewaringsinstansies en kontakbesonderhede.
Die boek is die derde title in die In aksie-reeks: Golf in aksie en Tennis in aksie is ook saam met DVD’s beskikbaar.
|