NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
BUNDU EXPO 2010
Tydens die BUNDU EXPO (30 Julie tot 1 Augustus) het Briza sy nuutste boek bekend gestel: BOSVELD: EKOLOGIE EN BESTUUR. Peet van der Walt, die redakteur van die boek, het lekker gesels (en gesing ook: 'Daar doer in die Bosveld...") oor hierdie onderwerp wat vir baie na aan die hart is. 'n Pragtige uitstalling (deur Peet se eggenote gedoen) het verder bygedra tot die atmosfeer van die geleentheid. Twee van die 16 medewerkers wat saam met Peet aan die boek gewerk het, was ook teenwoordig: Hans Vahrmeijer en Tap de Beer. 

Die boek is ook in Engels beskikbaar.



121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa