NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
Bosveld Ekologie en Bestuur
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Agri - Mei/May - Junie/June 2011

Altesaam 17 van ons land se voorste boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om 'n plaas hier te koop. 
Hulle deel hulle kennis op 'n maklike verstaanbare en kleurvolle wyse. Die boek bevat nuttige leesstof vir die bewaarer, boer, student en elke bosliefhebber. In die volksmond verwys "bos" na 'n houtagtigheid wat in same-stelling, digtheid en hoogte verskil. "Dit is 'n plek waar die lewensiklusse van sowat 5 700 plantsoorte bydra tot die polsende ritme en dinamiek van soet-, suur-, gemengde of dorre bosveld. 'n Anderhalf miljoen besoekers put jaarliks enorme plesier uit die kosbare bioskat, maar dit is besig om vinnig te verarm weens die druk van menslike aktiwiteite en wanbestuur. Die benutting daarvan moet dringend met meer sensitiwiteit en kundigheid benader word," meen die outeurs.


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa