NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
Veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Afgriland - November/December 2008

Akasias, algemeen bekend as doringbome, is waarskynlik die kenmerkendste en mees bekende groep bome in Afrika. As een van die grootste groepe word hulle ook gewoonlik met 'n tipiese Afrika-landskap geassosieer. Hierdie omvattende boek, Veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika, maak dit maklik om die bome te identifiseer en sluit in:

  • 'n Volledige weergawe van al 48 erkende spesies, subspesies en vari?teite van die genus Acacia wat binne die grense van Suid-Afrika voorkom, insluitend vier nuut omskryfde spesies.
  • Afrikaanse en Engelse name en waar beskikbaar, name in Duits, Noord-Sotho, Suid-Sotho, Swati, Tsonga, Tswana, Venda, Xhosa en Zoeloe.
  • Uitstekende kleur-illustrasies van die belangrikste aspekte rakende die identifisering van hierdie plante.
  • Bondige teks waarin die habitat, algemene voorkoms, hoofstam, lote, dorings, blare, bloeiwyse, peule en saad van elke vorm beskryf word, en
  • 'n verspreidingskaart van elke vorm.

Veldgids tot die Akasias van Suid-Afrika is 'n moet vir elkeen met 'n belangstelling in bome en ons natuurerfenis in die algemeen. 

Hierdie boek is ook in Engels beskikbaar. 


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa