NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
So maak ons tuin - maand in en maand uit
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: TUIS - September 2009

So maak ons tuin - maand in en maand uit deur Reg Botha is 'n praktiese en boonop lekkerlees-tuinmaakgids vir Suid-Afrikaners. Die boek verdeel die land in vyf tuinmaakgebiede wat ooreenstem met die erkende klimaatstreke en vertel dan maand vir maand wat in elkeen gedoen word. Besonder interessant is die kort bespreking elke maand oor die invloed wat die stand van die maan op die natuur het en die implikasie daarvan vir die tuinier. Dis interessant, maar soos die skrywer self erken: "Meer navorsing is nodig..." Wat wel pla, is die inligting oor sterretekens en die tuinier: ja, dit het vermaaklikheidswaarde en maak die boek prakties en prettig. Solank 'n mens net jou tong stewig in die kies mag hou. 


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa