NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
Orgideƫ in Suid-Afrika n Gids vir tuiniers
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Wild en Jag - Januarie 2007

Orgideë het nog altyd vanweëhul manjifieke vorm, kleure en prag 'n besondere bekoring vir mense gehad. Maar om hierdie blomme te kweek, het almal geglo, was net die heel rykstes beskore.
Orgideë in Suid-Afrika slaan daardie mite die nek in, want hierdie boek wys hoe Jan en alleman vandag orgideë in die tuin en binnenshuis kan kweek, en dit sonder veel moeite.
Leer wat die behoeftes van die bekendste orgideë is, hoe om die plante te behandel (en die meeste van hulle is glad nie vol fiemies nie), hoeveel water en skaduwee hulle benodig, watter soort bemesting hulle moet kry, wanneer hulle rus en wanneer hulle blom, en hoe om hulle te verdeel. Die pragtige kleurfoto's maak dit maklik om die verskillende soorte orgideë te identifiseer.
Om orgedeë te kweek, is 'n boeiende, maklike en baie bevredigende stokperdjie en binne bereik van enige tuinier. Wees egter gewaarsku - 'n lewenslange verslawing aan hierdie eksotiese plante is orgideekwekers se voorland!
Die outeur, Hendirk Venter, kweek al vir meer as dertig jaar orgideë. Hy is sedert 1995 'n internasionaal geakkrediteerde beoordelaar vir die Suit-Afrikaanse Orgidee Raad en skryf artikels oor orgide? vir verskeie nasionale en internasionale tydskrifte. 
Ook beskikbaar in Engels as Growing Orchids in South Africa - A Gardener's Guide


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa