<<Media Reviews | Review |
Muti en Mites uit Afrika To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za Review By: Rooi Rose - Junie 2009 Muti en Mites uit Afrika neem jou op 'n ontdekkingsreis wat jou meer oor menswees en die lewe leer. "Liefde en die luiperd-orgidee" (Ansellia africana)," 'n Baie sexy boom" ((Kigelia africana) en "Engelwerk van die duiwelsklou" ((Harpagophytum procumbens) is van die 52 plantverhale wat die voetspore volg van oeroue legendes oor muti of medisyne van Afrika. Die joernalis Helen Dugmore vertel die mitologiese stories wat geslagte lank mondelings oorgedra is, met 'n mate van skrywersvryheid, ondersteun deur die wetenskaplike feite en deeglike veldkennis van die bekende botanis Ben-Erik van Wyk. Die boke vir plant- en Afrika-liefhebbers. ![]() |