NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
Muti en Mites uit Afrika
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Game & Hunt - February 2009

Muti en mites uit Afrika (Muthi and Myths from the African Bush) bevat 52 boeiende verhale wat die lewer op 'n ondekkingstog deur Afrika neem. Dit vat die spoor van die antieke grail van tradisionele Afrika-medisyne en -muti. Die tog duur een jaar, met een verhaal vir elke week van die jaar. Baie verhale wat deur mondelinge oorlewering bewaar is, word die eerste keer geboekstaaf. 
Die antieke Afrikamense was die eerste aromaterapeute wat die uitwerking van plante op die menslike liggaan, gees en siel goed verstaan het. Duisende jare se duisende Afrika-bloedlyne het plantkure vir genesing aangewend, altyd met die seen van die voorvaders. 
Kennis van Afrikaplantmitologie en die verwante genesingspraktyke is sekerlik 'n grail, want op die groot continent is kennis nog altyd 'n mondelinge tradisie. 
Duisende jare se medisinale wysheid en kennis het verlore gegaan omdat dit nooit neergeskryf is nie. 
Die boek werp lig op die lang geskiedenis van 52 van Afrika se duisende inheemse medisinale plant, met die focus op suider-Afrika as 'n brandpunt van kulturele en botaniese diversiteit. 

Heather Dugmore is 'n Johannesburgse joernalis met van Suid-Afrika se voorste perstoekennings op haar kerfstok. Skrywer Ben-Erik van Wyk, professor in plantkunde aan die Universiteit van Johannesburg, is 'n wetenskaplike maar ook 'n storieverteller en -versamelaar.


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa