NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
Kitsgids - Voƫls van die Laeveld
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Wild & Jag - Julie 2011

Kidsgids - Voëls van die Laeveld is die Afrikaanse vertaling van die handige Spotter's Guide - Birds of the Lowveld. Outeurs Saartjie Kidson en Herman van Niekerk is albei goed bekend in natuurlewe- en voëlkringe, en is reeds jare betrokke by omgewingsake. Hulle het die boek in samewerking met ornitoloë, museums en voëlkykklubs saamgestel. 

Die Laeveld is in 'n groot mate steeds redelik ongerep en die vreedsame tuiste van 'n uitsonderlik ryk voëllewe. Kidsgids - Voëls van die Laeveld is 'n innoverende en praktiese veldgids in 'n handige sakformaat, en dek al die voëlspesies wat normaalweg in die Laeveld aangetref word. Die gekondenseerde lys vergemaklik identifisering van 541 algemene en 47 besoekende voëlspesies. Dit bevat 'n tweetalige indeks met gebruiksname vir groepe, 'n handige vormvinder vir vinnige en maklike identifisering, en uitstekende foto's vir maklike identifisering. 


121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa