<<Media Reviews | Review |
Kitsgids - VoĆ«ls van die Laeveld To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za Review By: Tuis - Julie 2011 Kitsgids: Voëls van die Laeveld deur S.C. Kidson en H.L. van Niekerk is van onskatbare waarde vir groentjies tot vo?lkenners van formaat. Die sakgrootte-boekie is maklik om te gebruik en bevat inligting oor al 588 algemene en besoekende voëlspesies wat in die Laeveld voorkom. 'n Kleurfoto en bondige beskrywing van elke voëlsoort word verskaf, asook nuttige inligting, soos die seisoene waarin die voëls voorkom, hul habitat, broeigewoontes en hoofvoedselbronne - prentjies en simbole word gebruik om die inligting weer te gee. Die boekie spog ook met 'n profielgids vir maklike uitkenning en 'n tweetalige inhoudsopgawe. Die gids verdien beslis 'n ereplek in elke voertuig en rugsak, en op elke boekrak. ![]() |