Nature Books - South Africa
+27(12) 329-3896
NOVEMBER & DECEMBER SPECIALS!! Find Out More
NOU BESKIKBAAR!! Blinktand van Bosveldparadys Boek Alleen | Pakket
SOON AVAILABLE!! People's Plants - A Guide to Useful Plants of southern Africa Expanded and revised (2nd edition)
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Medicinal Plants of the World (New revised edition)
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Indigenous Healing Plants
Find Out More
NOW AVAILABLE!! New revised edition published
by Briza Publications.
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Remarkable Trees of South Africa. (Revised edition) Find Out More
NOW AVAILABLE!! Bring nature back to the city Find Out More
NOW AVAILABLE!!
THE NEW GAME RANCHER Compiling editors: Pamela and Peter Oberem Find Out More


10/10 GARDENING SERIES - Boek 4: Kies plante vir jou tuin
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Overberg Nuus - December 2008 / January 2009

Nadat die bekende tuinboukundige, Reg Botha en Briza Publikasies saamgespan he tom tuiniers met praktiese tuinbou by te staan, is die eerste twee boek in 'n reeks van ongeveer 20 by die galageleentheid van Overberg Agri se Tuin-van-die-Jaar-kompetisie vir 2008 in Caledon bekendgestel. 

Botha, ook bekend vir sy aanvanklike betrokkenheid by Tuin Paleis, beoordelings van tuinkompetiesies, tuinbou-opleiding en televisiepraatjies oor tuine en plante, het die projek aangepak om tuiniers van praktiese wenke en raad oor tuinbou te voorsien. Sy reeks boeke beoog om voornemende tuiniers aan te moeding en te help om hul "groen vingers" te ontwikkel. 

"Die magtelose gevoel as 'n mens na 'n kaal stuk grond kyk en die twyel oor wat gedoen moet word om van die grond 'n moi en interssante tuin te maak, sonder dat die tuinier hom doodwerk, het my gemotiveer om die boeke te skryf", het Botha tydens die bekendstelling gesê. Botha sê meeste tuiniers kry 'n bevlieging om tuin te maak en is teleurgestel met die produk omdat hulle nie na behore beplan het nie. Veral beginnertuiniers is oorhaastig en beplan nie hul tuine op papier nie, 'n stap wat noodsaaklik is vir uiteindelike sukses. Die reeks boeke beoog stap-vir-stap-ondersteuning om tuine suksesvol te vestig en in stand te hou. 

Mrn Christo Reitz, bestuurder van Briza Publikasies, sê die reeks sal in Engels en Afrikaans beskikbaar wees en dat daar op praktiese tuinmaak gefokus word. Die eeste boek, "Beplan jou tuin" en "Kom ons maak nou tuin", focus op wat nodig is om tuine te begin. Verdere boeke van die reeks sal verskeie aspekte van tuinmaak toelig en tuiniers help om tuinuitdaging stap vir stap te oorkom. "Deur die loop van volgende jaar sal die res van die reeks bekensgestel word en kan bestaande en voornemende tuiniers dit teen bekostigbare pryse aanskaf", het Reitz gesê. 
Verdere titles in die reeks sal op spesifieke tuinsake focus: geskikte plante en voiding, komposhope, waterbehoeftes, skadelike insekte en siektes, bolle en saailinge, die bou van watertuine, formele tuine, kleintuine, snoei, tuine vir die onderskeie seisoene, potte, fokuspunte, die verbouing van kruie en groete, hulptuiniers, tuinonspanning, tuine in die aand en "my tuin 'n potpourie". 
Bogenoemde tuinsake kan volgens Botha aangevul word met boeke oor tuinmaak by die see en astrologiese invloede op tuine. 
Volgens Reitz is Briza Publikasies bekend in die natuur- en tuinomgewing en het hulle reeds boeke oor grassoorte in Suid-Afrika, inheemse plante en bome en plante met medisinale waarde gepubliseer.



admin | terms | © Briza Publications - All rights reserved