Nature Books - South Africa
+27(12) 329-3896
NOVEMBER & DECEMBER SPECIALS!! Find Out More
NOU BESKIKBAAR!! Blinktand van Bosveldparadys Boek Alleen | Pakket
SOON AVAILABLE!! People's Plants - A Guide to Useful Plants of southern Africa Expanded and revised (2nd edition)
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Medicinal Plants of the World (New revised edition)
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Indigenous Healing Plants
Find Out More
NOW AVAILABLE!! New revised edition published
by Briza Publications.
Find Out More
NOW AVAILABLE!! Remarkable Trees of South Africa. (Revised edition) Find Out More
NOW AVAILABLE!! Bring nature back to the city Find Out More
NOW AVAILABLE!!
THE NEW GAME RANCHER Compiling editors: Pamela and Peter Oberem Find Out More


Gids tot Grasse van suider-Afrika (Derde hersiene uitgawe)
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Veeplaas 63 - Oktober 2010

Gewone vingergras (Digitaria eriantha

Habitat 
Gewone vingergras groei in droe dele in sanderige en klipperige grond en in gebiede met hoë reënval, in klam grond soos langs vleie. Die gras benut egter 'n wye reeks ander habitat-tipes op feitlik alle grondsoorte. Dit groei hoofsaaklik in onversteurde veld. 

Soortgelyke spesies 
Digitaria eriantha is 'n hoogs varierende gras en is 'n groepering van vele spesies en variëteite wat vroër erken is. Die belangrikste van hierdie spesies wat D. decubens (met stolons en vertakte halms), D. pentzii (met stolons en onvertakte halms), D. smutsii ('n groeiende gras sonde stolons) en D. eriantha (sonder stolons en met onvertakte halms). 

Gebruike 
Gewone vingergras is 'n smaaklike gras wat as een van die beste natuurlike en aangeplante weidings (Smutsvingergras) in suider Afrika beskou word. Dit is 'n aanduider van goeie veldtoestande wanneer dit dominant in die veld voorkom. Dit word beskou as aangeplante weiding wat goed op besmeting reageer en swaar beweiding kan verdra. 

Dit bly tot laat in die winter smaaklik en word dikwels as staande hooi benut. Variasies met stolons word ook soms vir die beheer van gronderosie gevestig. Gewone vingergras is een van die mees wydverspreide grasse in suider Afrika. 

Verspreiding 
Die gras kom onder natuurlike toestande slegs in suidelike Afrika voor, maar word as weiding in ander lande benut. 

Kenmerke

  • 'n Meerjarige polgras met die bloeiwyse halfvingervormig of vingervorming, met lang dun vingers (trosse).
  • Die onderste deel van die plant is gewoonlik harig.
  • Dit het dikwels met lang, harige stolons.
  • Die halms is gewoonlik onvertak.
  • Populasies wissel geweldig ten opsigte van grootte, harigheid, vorm van bloeiwyse en ander kenmerke.
  • Die gras blom van Januarie tot April.

Afmetings 
Halms: 400-1 800 mm hoog
Trosse: 50-200 mm lank
Blompakkies: 2-4mm lank
Blaarskyf: 50-400 mm lank
Blaarskyf: 2-14mm breed 



admin | terms | © Briza Publications - All rights reserved