NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers
To order this book visit our Online Bookshop or contact us directly at books@briza.co.za
Review By: Vroue Keur 23 Junie 2006

Lochner de Kock se nuwe resepteboek, 'n Smaakfees uit Suid-Afrika, is vandeesmaand op die spel. Dit is 'n ten volle geillustreerde resepteboek oor Suid-Afrika se eiesoortige kookkuns. Die resepte is op tradisionele geregte geskoei wat geslagte lank al in Suid-Afrikaanse kombuise gemaak word. Lochner de Kock, die bekende Suid-Afrikaanse kosskrywer en sjef, het egter ook verrassende wysigings aan tradisionele disse aangebring. Die resepte word stapsgewys geillustreer, kooktegnieke word verduidelik en daar is volkleurfoto's van minder alledaagse bestandele. Elke resep word met 'n pittige gastronomiese sêding afgesluit. 

121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa