R59.00

NATUUR-LIK!

(Marula Imprint)
Authors: Erik Holm
ISBN:978-0-9802599-2-6
EXTENT: 96 pages
FORMAT: 210 x 148 mm
Sagte band
swart en wit

Deur 'n bioloog se oê lyk die mensdom se doen en late nogal vreemd, soms ontstellend, meesal snaaks, maar dikwels wel bewonderenswaardig.

Erik Holm is een van die min wetenskaplikes wat nie bang is om ook vanuit 'n ander hoek na die mens te kyk nie. Gelukkig het hy 'n humorsin, en is hy darem ook nog liewer vir mense as vir sy hond!

In hierdie boek gee die skrywer sy mening oor die ekologiese krisis en beveel aan dat ons ons hele wereldbeskouing verander, nie net ons tegnologie nie. Dit beteken ons ou volkie se pionierstalente kom weer in aanvraag. Hy glo ook parasiete is van groot nut vir die mensdom, want dink net hoe hierdie haglik oorbevolkte planeetjie nou al sou gelyk het sonder malaria!

Het u geweet vegetaries is in werklikheid plantmoordenaars? Hulle is erger as vleiseters, want hulle pik op die mees weerlose lewende wesens wat nie eers kan skree of weghol nie. En diereregte-aktiviste is ongelukkig en onvrolik. Hulle het in der waarheid net een doel, en dis om ander mense ewe ongelukkig te maak. En hulle het geld. Soos die ikone van televisie-prediking weet hulle hoe om hulle bydraes uit na ewe ou tannies se sakke te rokkel.

Wanneer die dood tersprake kom, glo hy ons instinkte lieg vir ons dat ons liggame onsterflik is. Ons verstand weet ons gaan sterf, maar ons arme instinktiewe liggame glo dit nie.

Hierdie boek sal die leser laat dink, nadink en lag omdat Erik Holm se blik op die lewe ander verrassende fasette daarvan belig.

Reviews
Categories
Quick Find
 
Use keywords to find the title you are looking for.
Advanced Search
Share Product
Share via E-Mail Share on Facebook Share on Twitter
Briza Publications