R200.00

Stories en Liedjies van die Wildtuin Vol. 2

By: John Edmond
Publisher: Roan Antelope Music

Oor die CD's

Stories en Liedjies van die Wildtuin volume 1-4 is deur volksanger John Edmond uitgereik, wie se liefde vir die natuurlewe, asook sy pioniersgees, tot die geboorte van hierdie projek gelei het. Die CD's is vermaaklik sowel as opvoedkundig: regte diere- en voëlklanke word dwarsdeur die verhale en liedjies gebruik. Die stories word vertel deur Tongorara, 'n ou man van die bos wat vanaf Plumtree in Zimbabwe afkomstig is, en gewerk het as 'n plaashand-, spoorsnyer- en wildsopspoorder. Sommige van die stories is tradisionele kinderstories wat John as 'n seun gehoor het en ander is oorspronklike verhale wat deur John self geskep is. Die liedjies word almal deur hom saamgestel en word saam met die verhale in ingewikkelde besonderhede geweef. Met liedjies soos 'Waar het die luiperd sy kolle gekry', is dit duidelik dat die reeks bewustheid skep en opvoedkundig is, in die vorm van heilsame gesinsvermaak. Verhale van die Natuurbewaarders het wye erkenning in opvoedkunde, teaters, toerisme en bewaringskringe regoor die wêreld ontvang.

Oor die skrywer

Sanger, liedjieskrywer en storieverteller JOHN EDMOND is 'n legende rondom kampvure, teaters, klubs en ‘n verskeidenheid ander plekke in Afrika; hy is ook gewild onder die gehore van Australasië, Amerika, Europa en Asië. Die temas van Edmond se werke is uiteenlopend - sy optredes straal opregtheid en warmte uit en roer die hartsnare van sy luisteraars. Edmond het meer as 500 liedjies geskryf, 'n outobiografie, Bushcat Minstrel of the Wild, gepubliseer en 'n liedjieboek saamgestel met 250 van sy gewildste liedjies met kitaar akkoorde. Laat Edmond - bosloper, soldaat, wildbewaarder, 3de Dan Goju Ryu Karate-instrukteur, sportman en familieman - toe om jou te vermaak!
Reviews
Categories
Quick Find
 
Use keywords to find the title you are looking for.
Advanced Search
Share Product
Share via E-Mail Share on Facebook Share on Twitter
Briza Publications