SKRYWER: JJ van Rensburg
ISBN: 978-1-920217-44-0
OMVANG: 152 bladsye
FORMAAT: 240 x 210 mm
Sagteband
550 foto’s, illustrasies
Elke seisoen is jou beste seisoen is 'n volkleur praktiese gids oor hoe om jou tuin heeljaar op sy
beste te laat vertoon. Al die noodsaaklike tuintake, vaardighede en tegnieke word saamgevat
in een boek.
- Die seisoen-tot-seisoen benadering van die boek maak dit maklik vir alle tuiniers om die nodige
take in die tuin te verrig soos en wanneer dit nodig is.
- Elke seisoen se tuintake vir eenjariges, meerjariges en bolplante, struike, bome en rankplante,
die grasperk, binnenshuise plante en potplante word bespreek.
- Basiese, maar tog belangrike tuintake en vaardighede, word stap-vir-stap in inligting-kassies
bespreek: soos rose snoei, kunsmistoediening, saai van saad en meer.
- Grondvoorbereiding, water gee en voeding van die tuin is van kardinale belang en word kortliks
en op 'n eenvoudige wyse verduidelik sodat enigeen die raad kan volg.
- 'n Geïllustreerde gids tot die algemene peste en siektes en behandeling daarvan.
- Pragfoto's van seisoene se ‘trefferplante' oor 'n dubbelblad - nie net vir inspirasie nie - ook vir
vooraf beplanning vir kleur in die tuin, reg deur die jaar.
- 'n Algemene tuinplantlys agter in die boek bevat hope inligting, in die vorm van simbole, oor die
vereistes en gebruike van die meer as 300 plante vermeld in die boek.
- Die skoon, lesersvriendelike uitleg en pragtige kleurfoto's en illustrasies maak die boek 'n plesier
om te lees en te gebruik.