R180.00

Elke seisoen is jou beste seisoen - Maak tuin saam met JJ van Rensburg

SKRYWER: JJ van Rensburg
ISBN: 978-1-920217-44-0
OMVANG: 152 bladsye
FORMAAT: 240 x 210 mm
Sagteband
550 foto’s, illustrasies

Elke seisoen is jou beste seisoen is 'n volkleur praktiese gids oor hoe om jou tuin heeljaar op sy beste te laat vertoon. Al die noodsaaklike tuintake, vaardighede en tegnieke word saamgevat in een boek.
  • Die seisoen-tot-seisoen benadering van die boek maak dit maklik vir alle tuiniers om die nodige take in die tuin te verrig soos en wanneer dit nodig is.
  • Elke seisoen se tuintake vir eenjariges, meerjariges en bolplante, struike, bome en rankplante, die grasperk, binnenshuise plante en potplante word bespreek.
  • Basiese, maar tog belangrike tuintake en vaardighede, word stap-vir-stap in inligting-kassies bespreek: soos rose snoei, kunsmistoediening, saai van saad en meer.
  • Grondvoorbereiding, water gee en voeding van die tuin is van kardinale belang en word kortliks en op 'n eenvoudige wyse verduidelik sodat enigeen die raad kan volg.
  • 'n Geïllustreerde gids tot die algemene peste en siektes en behandeling daarvan.
  • Pragfoto's van seisoene se ‘trefferplante' oor 'n dubbelblad - nie net vir inspirasie nie - ook vir vooraf beplanning vir kleur in die tuin, reg deur die jaar.
  • 'n Algemene tuinplantlys agter in die boek bevat hope inligting, in die vorm van simbole, oor die vereistes en gebruike van die meer as 300 plante vermeld in die boek.
  • Die skoon, lesersvriendelike uitleg en pragtige kleurfoto's en illustrasies maak die boek 'n plesier om te lees en te gebruik.
Reviews

Categories
PLANTS (73)
ANIMALS (47)
NATURE GUIDES (35)
LIFESTYLE-> (44)
  Gardening (31)
  Cookery (7)
  Health (5)
  Other (1)
GENERAL-> (20)
ELECTRONIC PRODUCTS (18)
MAPS (11)
GIFT VOUCHERS (3)
Quick Find
 
Use keywords to find the title you are looking for.
Advanced Search
Share Product
Share via E-Mail Share on Facebook Share on Twitter
Briza Publications