R59.00

Tuinmaak is Pret Out of Stock

Outeurs: Lynn Hurry, Keith Kirsten
Met illustrasies deur Ian Lusted
ISBN: 978-1-920217-21-1
Bladsye: 72
Formaat: A4
Sagteband met illustrasies
Ook in Engels beskikbaar: Gardening is Fun

Om jou eie tuin te hê, is een van die heerlikste dinge wat daar is. Dit wys jy het respek vir die omgewing – die lewende wêreld van plante en diere en al die ander lewende wesens met wie ons die aarde deel. En die beste van alles is dat alle kinders, al bly hulle waar en al het hulle ook min geld, 'n eie tuin kan hê, selfs al is dit net 'n paar boontjieranke of 'n tamatieplant of twee, of 'n klompie vrolike blomme.

In Tuinmaak is Pret wys Keith Kirsten, 'n bekende tuinboukundige, en Lynn Hurry, 'n omgewings-opvoedkundige spesialis, vir kinders hoeveel pret dit is om tuin te maak. Die taalgebruik is eenvoudig, en Ian Lusted se illustrasies sal almal sommer inspireer om een of ander soort tuin te begin maak, want tuinmaak is 'n plesier, dis maklik en dis glad nie duur nie. Boonop het 'n mens ook nie 'n groot erf nodig om 'n paar plante of sade in die grond te sit nie.

In die boek is daar praktiese wenke vir alle aspekte van tuinmaak en hoe om die ongewing te bewaar. Daar is selfs ‘n afdeling wat jong entrepreneurs wys hoe om geld te maak uit 'n tuin!
Ander onderwerpe is:
  • Die maak van kompos en deklae
  • Hoe om water te bespaar
  • Die kweek van groente
  • Hoe om diertjies en voëls na jou tuin te lok
  • Hoe om goggas en plae sonder gif die trekpas te gee
  • Wat om in die verskeie seisoene te plant
Ian Lusted se prettige, toepaslike sketse maak dit 'n plesier om hierdie boek te bestudeer.
Kyk gerus na die kraai se manewales op byna elke bladsy!
Reviews

Customers who bought this product also purchased
Gardening is Fun
Gardening is Fun
Creative Gardening with Indigenous Plants (Revised edition)
Creative Gardening with Indigenous Plants (Revised edition)
Categories
Quick Find
 
Use keywords to find the title you are looking for.
Advanced Search
Share Product
Share via E-Mail Share on Facebook Share on Twitter
Briza Publications