R215.00

Karoo Veld Ekologie en Bestuur

Redakteurs: Karen J. Esler, Sue J. Milton, W. Richard J. Dean
ISBN: 978-1-920217-55-7
Bladsye: 214
Formaat: 240 x 210 mm
Sagteband, 200 volkleurfoto’s, illustrasies en kaarte
Ook in Engels beskikbaar: Karoo Veld – Ecology and Management

Grondgebruikers in die asemrowend wilde en oop Karoolandskap het gekies om ’n bestaan te voer in ’n strawwe en wispelturige omgewing. Die onvoorspelbaarheid van die weer, saam met die buitengewone plantegroei van die streek, maak dat veeboerdery en ander ondernemings in die Karoo ‘n groter uitdaging is as in ander dele van Suid-Afrika. Hoe beter ons egter verstaan hoe hierdie ongewone ekosisteem werk, hoe beter kan ons ons bestuurspraktyke aanpas ten einde droogterampe die hoof te bied en diereproduktiwiteit te handhaaf sonder verlies van spesiesdiversiteit en natuurlike hulpbronne.

Die gids verskaf algemene bestuursbenaderings vir ’n uitgestrekte geografiese gebied. Dit omvat die vygieveld van Namakwaland in die weste, deur die gemengde veldtipes van die Grootkaroo, tot die meer grasryke veldtipes van Cradock en Fauresmith in die ooste. Dit is saamgestel om die praktiese en vooruitstrewende grondgebruiker te help om omgewingsvriendelike veldbestuur toe te pas en om die uitwerking van beweiding en restourasie op die veld te beoordeel. Hierdie gids sal ook nuttig wees vir voornemende grondeienaars wat die potensiaal en geskiktheid van grond vir ’n beplande onderneming wil weet voordat hulle die belegging maak, of wat nuuskierig is oor die Karoo en sy plante en diere. Nuttige inligting oor smaaklikheid van algemene Karooplante, uitheemse indringeronkruide, en Grootvee-Eenheid ekwivalente vir kleinvee en wild word voorsien, sowel as ’n kort geïllustreerde gids tot die meer algemene Karooplante.

DIE REDAKTEURS: Karen J. Esler het haar belangstelling in die Karoo ontwikkel terwyl sy vir ’n BSc-graad studeer het aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is tans professor in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie, Universiteit van Stellenbosch, en sy en van haar studente is mede-outeurs van ’n verskeidenheid publikasies oor die ekologie van halfdroë sisteme in suidelike Afrika.
Sue J. Milton en Richard Dean was mede-outeurs van die eerste uitgawe van Karoo Veld. Hierdie boek het ontstaan uit die Karoo Bioom-projek. Sue betrek graag studente van skole, technikons en universiteite by navorsing oor die natuurkunde, bestuur en restourasie van Karooveld. Sy is ’n vryskut navorser, lektrise en konsultant. W. R. J. (Richard) Dean is ’n voëlkundige by die Percy FitzPatrick-Instituut van die Universiteit van Kaapstad. Hy bestudeer onder andere die biologoie van voëls en insekte asook plant-dier verhoudings in droë en halfdroë ekosisteme.
Reviews

Categories
Quick Find
 
Use keywords to find the title you are looking for.
Advanced Search
Share Product
Share via E-Mail Share on Facebook Share on Twitter
Briza Publications