R159.00 R120.00

Gids tot klein tuine

AUTHOR: Keith Kirsten
ISBN: 978-1-875093-96-0
EXTENT: 160 pages
FORMAT: 260 x 210 mm
Soft cover with gatefolds


In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te doen het, verander die ontwerpbeginsels ietwat, en kundige, praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel.

So kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad, en as dit 'n bietjie breƫr gemaak word, is dit sommer terselfdertyd ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n waterverfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte voldoende is vir kurwes.

'n Mens kan plante van verskillende hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie bykomende kleur.

'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees. Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond.

Geniet u tuin en mag die hoofstukke in hierdie boek wat handel oor ontwerp, instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.
Reviews
Categories
PLANTS (74)
ANIMALS (47)
NATURE GUIDES (35)
LIFESTYLE-> (45)
  Gardening (31)
  Cookery (7)
  Health (6)
  Other (1)
GENERAL-> (25)
ELECTRONIC PRODUCTS (22)
MAPS (11)
GIFT VOUCHERS (3)
Quick Find
 
Use keywords to find the title you are looking for.
Advanced Search
Share Product
Share via E-Mail Share on Facebook Share on Twitter
Briza Publications