AUTHORS:Hendrik Venter
ISBN: 978-1-875093-84-7
EXTENT: 144 pages
FORMAT: 168 x 240 mm
Soft cover, full colour photographs
Orgide het nog altyd vanweë hul manjifieke vorm, kleure en prag 'n besondere bekoring vir mense gehad. Maar om hierdie blomme te kweek, het almal geglo, was net die heel rykstes beskore.
Orgideë in Suid-Afrika - 'n gids vir tuiniers slaan daardie mite die nek in, want die boek wys hoe Jan en alleman vandag orgideë in die tuin en binnenshuis kan kweek, en dit sonder veel moeite.
Leer wat die behoeftes van die bekendste orgideë is, hoe om die plante te behandel (en die meeste van hulle is glad nie vol fiemies nie), hoeveel water en skaduwee hulle benodig, watter soort bemesting hulle moet kry, wanneer hulle rus en wanneer hulle blom, en hoe om hulle te verdeel. Die meeste spesies wat maklik gekweek kan word, word beskryf, en die foto's maak dit maklik om die verskillende soorte orgideë te identifiseer. Dit wys ook stap vir stap hoe om cymbidiums te verdeel en te verplant.
Om orgideë te kweek, is 'n boeiende, maklike en baie bevredigende stokperdjie, en binne bereik van enige tuinier. Wees egter gewaarsku, 'n lewenslange verslawing aan hierdie eksotiese plante is orgideekwekers se voorland!