NATURE BOOKS - SOUTH AFRICA
Books for Nature Lovers

Callfinder® / Klankleser®
(Model T42017)

 

One Callfinder ® for any of our Callfinder ® Ready books.

Buy the Callfinder® as part of a package (Callfinder® and Book) or buy the Callfinder® only.  Once you have purchased the Callfinder® you will only then need to buy any of our Callfinder ® Ready books and the soundfile to download to your Callfinder®.

 

Useful Links: 

How to update or upload your new sound file on your  Callfinder®  

How to switch between sound files

List of sounds on current mammal sound file (2016)


Do you have the latest sound file version?

Check your version of the sound file against this latest shut down sound clip



PLEASE NOTE: No sound file pre-loaded

Click here to buy
Click here for the English version



OPDATERING EN AFLAAI VAN NUWE KLANKBANE OP DIE NUWE VORM KLANKLESER®: Gebruik die webwerfskakel wat gestuur word om 'n nuwe, opgegradeerde klankbaan af te laai wanneer u in kennis gestel word.
Onthou:
'n Nuwe klankbaan moet aangekoop word, die opgraderings is gratis.
Opdaterings kan ook direk by Briza se boekwinkel gedoen word: Soutpansbergweg 121, Riviera, Pretoria 0084 ; Maandag - Vrydag; 0800 - 16h00
Lees asseblief die aanwysings voor u begin
1. Laai die nuwe klankbaan af via die Internet
  • Gebruik die internetskakel wat u ontvang het: Tik in /of kopiëer die skakel in u Internetsoekblad.
  • Moenie die "Download Here" knoppie herhaaldelik kliek nie. Die aflaaiprosedure neem tyd.
  • Indien probleme ondervind word met die aflaai van die klankbaan, probeer Google Chrome or Firefox as soekblad.
  • Voor u met die aflaaiprosedure begin, maak seker dat u weet waar die "Downloads" lêer op u rekenaar is - dit is waar u / of die rekenaar( outomaties) die nuwe afgelaaide klankbaan (.bnl file) gaan bêre.

2. Sodra die opgedateerde klankbaan (.bnl-lêer) via die internet afgelaai is, kan die .bnl-lêer op die Klankleser® afgelaai word.
Kliek regs op die nuut afgelaaide klankbaan en kies "copy" (moenie die bnl. leêr oopmaak nie).
Koppel nou die Klankleser® aan die rekenaar met gebruik van die USB-kabel.
Die rekenaar sal die Klankleser® identifiseer as 'n drywer naamlik: "External drive / USB / Removable disc "F" - die F kan ook 'n ander alfabetletter wees. Dubbel kliek om die Klankleser® drywer oop te maak.

3. Drie leêropsies sal verskyn:
  • Book - waarin die klankbane gebêre word
  • MP3 - vir aflaai van musiek
  • Record - berging van stemopnames
4. Kliek regs op die "Book"-lêer en kies "paste". Die nuwe klanklêer word in die "Book"-lêer geberg.
OF "drag" (moenie die bnl. lêer oopmaak nie) die nuwe .bnl-lêer tot in die "Book"-lêer van die Klankleser®.
5. Verwyder die vorige (ou) .bnl-lêer.
6. Maak seker dat die "Book"-lêer slegs die nuutste .bnl-lêers bevat.
7. Maak die "Book"-lêer toe en diskonnekteer die Klankleser®.

OORSKAKELING TUSSEN VERSKILLENDE KLANKBANE Verskeie klankbane kan op die Klankleser® geberg word. Klankbane word nie in 'n spesifieke volgorde in die "Book"-lêer opgelaai of geliasseer nie.

Onthou: Slegs die foto's in die SAPPI Voëls van Suid-Afrika en die Soogdiergids van Suider-Afrika is klankaktief, nie die teks nie. Die illustrasies sowel as teks (waar aangedui) in Blinktand van Bosveldparadys is egter klankaktief.
Stap 1: Skakel die Klankleser® aan deur die AAN/AF-skakelaar in te hou vir 3 sekondes - die blou liggie sal aanskakel, wat 'n aanduiding is dat die Klankleser® gereed vir gebruik is.

Aan/Af-skakelaar

Stap 2: Oorskakeling van een klankbaan na 'n ander.
Opsie 1: Skakel oor deur die vooromslag aan te raak.
Raak met die Klankleser® se punt vir ongeveer 8 sekondes aan die boek se voorblad. Die spesifieke boek se klankbaan word geaktiveer.

Soogdiergids van Suider-Afrika Sappi Voëls van Suid-Afrika
Opsie 2: Gebruik die volumeknoppie om na 'n ander klankbaan oor te skakel.
Druk die volumeknoppie vir 2 sekondes lank. Die volgende klankbaan sal geaktiveer word.
Aktiveer klank vanaf 'n foto of teks.
  • Hou die Klankleser® in 'n vertikale posisie op die gekodeerde foto en/of teks. (Moet asseblief nie weer die Aan/Af-skakelaar druk nie.)
  • Plaas die Klankleser® se punt op die geselekteerde foto of teks. Die spesifieke klank sal van die .bnl-lêer gespeel word. Indien 'n piepgeluid gehoor word, of geen klank gehoor word nie, beteken dit dat in die min gevalle die spesifieke foto of teks nie klank het nie. Briza streef daarna om voortdurend die klankbane op te dateer namate klanke of geluide beskikbaar kom. Opgedateerde klankbane word beskikbaar gestel van tyd tot tyd. Besoek asseblief ons webwerf vir nadere besonderhede oor beskikbaarheid van opgedateerde klankbane.
  • Raak eenvoudig aan die volgende foto met die Klankleser® se punt, terwyl die Klankleser® steeds vertikaal gehou word, om die volgende klank te aktiveer.
Afskakel van die Klankleser® Druk die AAN/AF-skakelaar in vir 3 sekondes. Die blou liggie sal afskakel en 'n klank sal hoorbaar wees wat aandui dat die Klankleser® afgeskakel is.

Skakel af
Batteryvervanging of herlaai van batterye. Alkaliese AAA-batterye of herlaaibare AAA-batterye kan gebruik word. In die geval van vervanging van batterye, skroef die batteryhouer se deksel los en verwyder die deksel. Plaas nuwe batterye korrek in, plaas die deksel terug en draai die skroefie stewig vas. Wanneer herlaaibare batterye herlaai moet word, verwyder die batterye uit die Klankleser® en herlaai met 'n herlaaier (nie voorsien nie). Plaas die herlaaide batterye korrek terug en skroef die deksel stewig vas.
121 Soutpansberg Road
Riviera
Pretoria
South Africa